Die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling is verbonde aan die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Pretoria en is verantwoordelik vir die voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) van predikante van die NG Kerk
Lentekonferensie 2024
|
Program vir 2024Kwartaal 2:APRIL
16 - 17 Bybellees (1)
23 Besoek Prof Gordon Mikoski (Pretoria)
24 Besoek Prof Gordon Mikoski (Johannesburg)
29 - 30 Liturgiewerkswinkel (3)
MEI 7 -9 Dink nuut oor jou bediening (1)
27
JUNIE 3 en 10 Dink nuut oor jou bediening (8)
4 - 6 Nuut in die bediening (7)
|
Kursusse en Werkswinkels
Excelsus ondersteun graag nuwe en opwindende leergeleenthede wat vir VBO punte in aanmerking geneem word. Hou dus gereeld hierdie afdeling dop.
|
|
Plek: Aanlynaanbieding
Tye: 08:30 – 16:30
Aanbieder: Dr André Bartlett
Koste: R110
Sluitingsdatum: 26 April 2024
Tye: 08:30 – 16:30
Aanbieder: Dr André Bartlett
Koste: R110
Sluitingsdatum: 26 April 2024
Dink nuut oor jou bediening
(Sertifikaatkursus in Bedieningsvernuwing)
Jy word uitgenooi na die eerste module in hierdie kursus gerig op predikante
in die middelfase van hulle bediening:
in die middelfase van hulle bediening:
Lourens Bosman lei die seminaar.
Daar is ook drie gasdosente:
• Prof Jannie Rossouw (afgetrede hoof van die UJ Sakeskool)
• Neels Jackson (joernalis en vorige Kerkbode redakteur)
• Pieter de Villiers, (hoof van navorsing en ontwikkeling by Shadowmatch)
Hierdie is die eerste module van die sertifikaatkursus, maar jy kan dit ook as 'n alleenstaande seminaar bywoon.
Plek: NG Kerk Suidoos-Pretoria (Stellastraat), Waterkloof, Pretoria
Tye: 7 – 9 Mei 2024, 7/05 (9:00 – 16:30), 8/05 (9:00 – 16:30), 9/05 (9:00 – 13:00)
Koste: R950-00 per persoon (wat kursusmateriaal, 2 middagetes en 3 dae se verversings insluit)
R 720-00 per persoon vir proponente en predikante in deeltydse poste
VBO: 30 punte
Sluitingsdatum: 3 Mei 2024
Seminare met Prof Gordon Mikoski oor Onderrig (Kategese of Sondagskool) 23 en 24 April 2024
Hiermee ‘n uitnodiging na twee oggend seminare saam met hierdie teoloog - oor ‘n onderwerp naby aan sy hart en waartoe hy begaafd en goed toegerus is. Aangeheg die besonderhede oor die seminare in Pretoria en Johannesburg area. Ek hoef dit nie eens te sê nie: Gemeentes kry swaar met die uitdagings van “Christian Education”, kategese, Sondagskool. Ons moet ernstig en diep saamdink. Albei seminare dra 5 VBO krediete. Saam in sy diens. Malan Nel (Koördineerder van sy besoek aan UP)
Werkswinkel
Opleiding van Begeleiers van ‘n Bedieningsdiagnose in Gemeentes
Excelsus gaan weer hierdie jaar ‘n werkswinkel aanbied waar predikante en ander gemeenteleiers opgelei word as begeleiers van ‘n Bedieningsdiagnose in gemeentes.
Die werkswinkel berus op die werkboek “Bediening in en van Missionale Gemeentes” wat in 2016 deur Malan Nel en Kennon L Callahan gepubliseer is.
Prof Malan Nel wat die aanbieder van die werkswinkel is, gee die volgende agtergrond:
Sedert 1991 was dit my voorreg om by ongeveer 150 gemeentes in verskillende denominasies, maar hoofsaaklik in die NG Kerk, prosesse in die ontwikkeling of opbou van missionale gemeentes te fasiliteer. Deel van hierdie fasilitering was groepsdinamiese diagnoses van bedieninge en funksionering in hierdie gemeentes.
Ek is op ‘n stadium in my lewe en bediening dat ek graag plaaslike predikante wil oplei om sodanige diagnoses te begelei.
My oortuiging is dat gemeentes wat trots is op hulle geskenkte identiteit in Christus byna logies begin vra: hoe gaan dit met ons? Die bedieningsanalise en -diagnose waarmee ek werk, help gemeentes om te soek na die sterkpunte in hulle bediening.
Die nuwe werkboek waarmee ek werk (Nel en Callahan 2016) is gebou op teologies gemotiveerde nadenke oor wie ons is en wat ons doen. Daar is by my ‘n besliste keuse teen ‘n bestuurswetenskaplike verskraling van die gemeente tot ‘n organisasie wat met beplanning ‘reg gemaak’ kan word.
Dit gesê: hoe beter ons ons God gegewe identiteit besef, hoe meer noukeurig onderskei ons waar ons is, hoe dit gaan en soek ons saam waarheen ons op pad is. Die verskil is dat dit nie ‘n leiergedrewe evaluering van gemeentes is nie, maar ‘n diagnose deur die gemeente self, ‘n gemeente wat weet dat die bediening hulle s’n is. Die verwagting is dat minstens 20% van die gemiddelde oggenderediens aan die diagnose deelneem.
Datum: Maandag - Woensdag 29 – 31 Julie 2024
‘n Dagskedule word aan elkeen wat registreer gestuur. Maandag tot Woensdag is vol dae
en ook deel van die jaarlikse UP kursus in Brugbediening.
Plek: NG Kerk Suidoos-Pretoria, (Stellastraat)
Aanbieder: Malan Nel
VBO-punte: 20
Koste: R 600:00 wat die volgende insluit:

- Werkboek: Bediening in en van Missionale Gemeentes. Gemeentediagnose (word by die werkswinkel beskikbaar gestel).
- Verversings (3 oggende) en 3 middagetes
Nuut in die bediening
|
Dink nuut oor jou bediening
|